Strategiese denke

Strategiese denke word gedefinieer as 'n verstandelike of denkproses wat 'n individu gebruik in die konteks om sukses te behaal in 'n spel of ander onderneming. As 'n kognitiewe aktiwiteit produseer dit gedagtes.

Wanneer dit van toepassing gemaak word op 'n organisatoriese strategiese bestuursproses, behels strategiese denke die skep en aanwending van unieke besigheidsinsigte en -geleenthede met die doel om 'n mededingende voordeel vir 'n maatskappy of organisasie te skep.[1] Dit kan individueel gedoen word, asook gesamentlik deur belangrike mense wat die organisasie se toekoms positief kan verander. Strategiese denke in 'n groep kan meer waarde skep deur 'n pro-aktiewe en kreatiewe dialoog moontlik te maak, en waar individue ander mense se perspektiewe op kritieke en komplekse kwessies kan kry. Dit word beskou as 'n voordeel in die hoogs mededingende en vinnig veranderende sake-omgewing.

  1. "What is Strategic Thinking? by Rich Horwath" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 Oktober 2019. Besoek op 10 Augustus 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search